BRITS POS – BRITS – Die Vroue Landbou-unie (VLU) Britstak se maandelikse vergadering, 9 Oktober by die NG Kerk Krokodilrivier, is deur 60 lede bygewoon en was ‘n gesellige samesyn.
Daniela Karsten, die gasspreker tydens die geleentheid is ‘n opkomende mode-ontwerper en voorkomskonsultant en die tema van haar praatjie “Ag wat trek ek tog aan?” was iets waarmee elke vrou kon identifiseer.
‘n Pers palet vir Oktober
BRITS POS – BRITS – Oktober is die hoogtepunt van die lente, die aarde ontplof met ‘n lewendige palet van kleur, geur en klanke wat elke sintuig prikkel.
Oktober is ‘n magiese maand, die koue dae is verby en die somer se versengende hitte het nog nie heeltemal aangebreek nie.
Landskappe kry ‘n nuwe gesig wanneer bome bot en blomme, met reënboog-skakerings, landskappe inkleur – die ideale tyd om die skoonheid van Moeder Natuur te geniet.
WÊRELDONDERWYSERDAG - “Waar sal ons wees sonder ons klaskamer-kampioene?”
BRITS POS – BRITS - Om ’n onderwyser te wees, is ’n uitdagende en soms ondankbare werk.
En tog bly dit vir vele ’n roeping. Hierdie onderwysers kyk verby die oorvol klaskamers, die beperkte hulpbronne en die ekstra ure vir buitemuurse aktiwiteite; hulle sien hoe ons kinders blom wanneer hulle weet dat hulle gesien en gehoor word.
Sasol Brits 3 opgegradeer en reg vir aksie
BRITS POS – BRITS – Sasol Brits 3 in Van Deventerstraat spog met ‘n splinternuwe baadjie na ‘n topklas-opgradering.
Om in die groeiende behoeftes van kliënte te voldoen, is die uitleg van die vulstasie se geriefswinkel, Delight, modern, gerieflik, 24/7 oop en nou ook die tuiste van die eksklusiewe Sasol Delight Ciro-koffie.
VLU Brits vier lente op gepaste wyse
BRITS POS – BRITS – Lede van Brits Vroue Landbou-unie het gedurende die tak se September-vergadering, die koms van die lente op kleurryke wyse by ‘n plaaslike restaurant gevier.
Die tafels was kleurryk versier met ‘n oorgawe van blommeprag en lede wat die geleentheid bygewoon het, is elkeen met ‘n lente-geskenkie bederf.
Die sprekers vir die dag was Christelle Maré van Ons Huis en sy het meer van die werksaamhede by Ons Huis, ‘n tuiste vir kinders in veilige bewaring, gesels.