Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Soetdoringgeleentheidsfonds, onder leiding van Elsa Lourens, het verlede maand met ‘n Kospakkie-projek in Sonop begin om mense in nood by te staan.  Dié projek, met die onbaatsugtige hulp en ondersteuning van verskeie besighede en individue in die omgewing, het die afgelope maand van krag tot krag gegaan. Aanvanklik is daar beplan om kospakkies aan 72 behoeftige gesinne te gee.

Tans is daar 152 kospakkies, waarvan 72 kospakkies vroeër die week deur ‘n anonieme donateur geskenk is, in Sonop uitgedeel. Elsa bedank almal wat tot die sukses van die projek bygedra het. ‘n Besonderse woord van dank aan Magalies Radio NPC, Hannetjie Bester, Gerrie en Elmarie van der Merwe, Wi Corporation en Paws of Love.