BRITS POS – BRITS – Die afsluiting van Brits se Vroue Landbou-unie se jaarlikse aktiwiteite, is op 13 November in ware Kersfeesstyl by The Potter’s Tree in Pretoria gehou.
Die geleentheid, wat deur ses-en-dertig lede bygewoon is, het voorsiening gemaak vir ’n allegaartjie van kreatiwiteit, kuier en bederf.
Dapperheid word beloon
Die ses-jarige Sebastiaan Bezuidenhout van Schoemansville is vroeër die week deur die personeel van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) vir sy dapperheid en flink optrede tydens die verwoestende brand in Kosmos in Oktober vereer. Sebastiaan het op Sondag, 20 Oktober deur sy verkyker gekyk en die rook in Kosmos opgemerk, waarna hy dadelik sy mamma in kennis gestel het en sy het HEMS se Station 21 brandweerdiens gekontak.
SONOP – ONDERHANDELING OOR KRAGAANSLUITING VF Plus lei afvaardiging
BRITS POS – SONOP - Die VF Plus in die Madibeng-plaaslike munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort, Mooinooi) het verlede Donderdag ʼn afvaardiging van die Sonop-gemeenskap bygestaan in onderhandelings met Noordwes se departement van openbare werke en paaie om die kragtoevoer na die gebied te herstel.
“Eskom het die kragtoevoer na Sonop en die nabygeleë Khalanyoni al langer as ʼn week gelede afgesny weens ʼn dispuut oor betaling,” sê Elsa Lourens, raadslid van Bojanala Platinum Distriksraad en ook raadslid van Madibeng plaaslike munisipaleitraad.
The do’s and don’ts after an accident
BRITS POS – BRITS – Don’t ever think - “It’ll never happen to me.” While you may take every precaution you can to protect yourself, sometimes accidents still happen. That’s why it’s always best to be prepared with a list of Do’s and Don’ts after your car accident.
The Do’s
*Seek Medical Attention – If you – or anyone else – have been injured in the accident, seek immediate medical help.
AFRIFORUM NASIONALE PATROLLIE AfriForum-buurtwagte van Marico-streek staan bankvas
BRITS POS – BRITS - AfriForum-buurtwagte in Marico het 18 Oktober aan dié organisasie se tweede nasionale patrollie vir die jaar deelgeneem waartydens 200 AfriForum-patrolleerders in 148 voertuie die paaie van dié streek gepatrolleer het.
Verder het 86 deelnemers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), gemeenskapspolisiëringsforums (GPF), sekuriteitsmaatskappye en nooddienste die patrollie ondersteun. Die volgende dorpe se AfriForum-buurtwagte het aan hierdie gesamentlike poging deelgeneem: