Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die gemeente van die NG Kerk Sanddrift het 24 Junie dié kerk se 80ste bestaansjaar herdenk en op 13 Julie met ‘n gesellige potjiekos-kompetisie gevier.
Elke wyk het ‘n potjie ingeskryf, van seekos, hoenderlewers, afval, bees, rooibok, hoender, tot skaap, alles was daar. Die tafels het gekreun onder bykosse, tuisgebakte brode en poedings. Kompetisie was baie mededingend, maar groot pret en die beoordelaars het behoorlik kopgekrap om die wenners aan te wys. Uiteindelik het Kameeldrif, die kleinste wyk, se seekospotjie gewen. 

Sondag 14 Julie was daar ‘n feesnagmaal met ‘n treffende boodskap, waarna die gedenksteen, met die teksvers Psalm 119:105 U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad, onthul is.