Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – PARYS - Tientalle mense het die naweek een van die mees unieke “kampervarings” by die FAK se Udolpho Kultuurplaas in Parys beleef. 
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke in die Vrystaat het ’n nuwe opelugmuseum in die vorm van ’n klein konsentrasiekamp opgerig om in Juniemaand bewusmaking te bring aan konsentrasiekampmaand en die belangrikheid van erfenisbewaring.

Tientalle besoekers van so ver as Clarens, Potchefstroom en die Vaaldriehoek het saam kom kuier.
Jan-Danie Malan, kultuurkoördineerder van die FAK, sê dit was werklik ’n belewenis vir almal.
“’n Egte konsentrasiekampervaring en besoekers het die geleentheid gehad om die naweek deur te bring in ’n klein konsentrasiekamptent in ’n doringdraadkamp met ‘gewapende’ Britte wat dag en nag gepatrolleer het.
“Juniemaand staan bekend as konsentrasiekampmaand en dit was vir ons die perfekte geleentheid om nog ’n stukkie van die kultuurlegkaart in te vul deur ’n konsentrasiekamp hier op Udolpho te bou.”
Die tente is gemaak met die ou seile van die ossewaens wat op die terrein staan.
“Die vroue het hard gewerk om die klippe te verf en aan te dra terwyl die mans die draadkamp gespan het, teerpale geplant en tente opgeslaan het.”
Kobie Ströh het saamgekuier en die besoekers meer vertel oor die geskiedenis van konsentrasiekampe en die Anglo-Boereoorlog. Elke besoeker het’n rantsoen-braaipakkie gekry wat hulle die hele naweek moes hou,” sê Malan.
Saterdagoggend (1 Junie) het die besoekers in historiese uitrustings foto’s geneem en hulle behoorlik uitgeleef
“Dié naweek was nie net pret vir die besoekers nie, maar ’n goeie geleentheid om ons jongmense meer in te lig oor die geskiedenis van die Boereoorlog én by hulle ’n liefde vir en ’n trots op hul ryk geskiedenis in te boesem.
“Dit was werklik ’n unieke ervaring en almal kon hulself en hul kultuur behoorlik uitleef en ons is baie trots om te sien hoe, veral die jongmense, die kampervaring geniet het,” sluit Malan af.  (Foto’s verskaf)