Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die afsluiting van Brits se Vroue Landbou-unie se jaarlikse aktiwiteite, is op 13 November in ware Kersfeesstyl by The Potter’s Tree in Pretoria gehou.
Die geleentheid, wat deur ses-en-dertig lede bygewoon is, het voorsiening gemaak vir ’n allegaartjie van kreatiwiteit, kuier en bederf.

Die oggend het afgeskop met vars skons, koffie en heerlike koek, bedien deur The Potter’s Tree se vriendelike personeel, waarna die maandelikse formaliteite afgehandel is. Daarna kon die lede ontspan en kreatief raak. Elke lid het die geleentheid gehad om hul eie kleikunswerk te kies en te versier, wat later in die klei-oond gebak sal word. Die pragtige Kersfees-dekor het bygedra tot ‘n gesellige en kreatiewe atmosfeer wat almal geïnspireer het. Die bestuur het ook gesorg dat die lede behoorlik bederf word met ’n keurige ete wat voorgesit is.
Met die afsluiting het die lede nie net die jaar op ’n hoë noot afgesluit nie, maar ook mekaar hartlik gegroet, met die hoop om weer in Januarie 2025 vol nuwe idees en energie saam te kom.
Soos tradisie dit wil hê, het die sogenaamde “bittereinders” tot heel laaste bly kuier. Hierdie jaar het Charlotte Rossouw, Nadia Neuhoff, Dorothy Brandon, Christelle Buys, Elize Botes, Fia van der Merwe en Neeltje Louw (voorsitter van die tak) daardie rol vervul.
Die afsluiting was ’n gepaste einde vir ’n suksesvolle jaar en het die lede opgewonde gelaat vir wat die nuwe jaar gaan bring.
Belangstellendes wat meer te wete wil kom aangaande die werksaamhede van VLU Brits Tak kan gerus ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. stuur.