Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Die Vroue Landbou-unie Brits se lede spits hulle daarop toe om jongmense in die gemeenskap aktief betrokke te kry en met hulle die kosbare vaardighede wat die spesiale vroue oor dekades opgebou het, te deel.
In die twee dae, wat gewoonlik in die Julie-skoolvakansie plaasvind, kry die leerlinge kans om te bak en te brou, naaldwerk, borduurwerk, kunswerk en allerlei handige vaardighede te leer.

Volgens Neeltje Louw, voorsitter van Brits VLU was dit die jaar die 15de keer wat die tak die dae vir leerlinge aangebied het. “Vyftien jaar gelede het ons met die projek begin en net ‘n paar leerlinge het dit bygewoon,” sê Neeltje. “Die kinders het dit werklik baie geniet en elke jaar was daar net ‘n groter belangstelling. Vanjaar het ons ‘n rekordgetal van 56 leerlinge die geleentheid gegee om vaardighede aan te leer.” Die bestuur van die tak bedank almal wat tot die sukses van die projek bygedra het.