Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Sien jou Vrydag, 30 Januarie om 18:00 by Model 3 in Carel de Wetstraat, oorkant die Volle Evangelie Kerk – Oase vir dié noodsaaklike Dorpveiligheidsvergadering. Dit is vir almal wat reeds lede is wat in die dorp patrollies ry en op insidente reageer, maar ook vir enigeen wat by die buurtwag betrokke wil raak met patrollies, reageer op insidente, noodhulp kan verleen of oor enige vaardighede beskik om met misdaadbekamping in Brits te help.

“Kom ons raak almal betrokke en word die oë en ore om ons dorp veilig te hou. Getalle maak ‘n groot verskil as afskrikmiddel, veral met misdaad wat tans ernstige afmetings aanneem. sê Stephan Roos, voorsitter AfriForum Brits.
Om suksesvol te wees moet inwoners betrokke en bereidwillig wees om betrokke te raak. Baie geld is aan toerusting soos herhalers, nagvisie kameras, hommeltuie, koeëlvaste-baadjies, boskameras en baie meer bestee, maar mense is nodig waaraan dit toegeken kan word om beskikbaar te wees. 
“Sou u by die radionetwerk wou inskakel is u ook welkom om my te skakel by …….,” sê Stephan Roos, voorsitter van Brits AfriForum. “Ons radionetwerk het al verskeie mense se lewens gered in die dorp sowel as die landelike gebied”. 
“Kom en word deel van ons trotse buurtwagspan en maak ‘n verskil in jou eie en die gemeenskap se lewens en hul veiligheid.