Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – IFAFI - ‘n Inbreker, gewapen met ‘n byl, het Maandag in Hartbeespoort sy rieme styfgeloop toe die huiseienaar en ‘n buurtwaglid hom betrap en oorrompel het.
Volgens Cindy du Plessis van Ifafi, het ‘n buurman haar ongeveer 14:00 gekontak terwyl hulle uithuisig was en haar meegedeel dat daar ‘n man, gewapen met ‘n byl, in hulle erf is. “Ek het onmiddellik my huishulp gebel en vir haar gesê sy moet op die boonste verdieping bly.

Die oortreder het my japon oor sy kop gegooi en deur ‘n badkamervenster ingeklim. My huishulp kon van bo sien hoe hy in die huis rondbeweeg. Sy was vreesbevange.”
Intussen het haar man, Christiaan, en Afriforum Hartbeespoort Buurtwaglid, Nelis Janse van Rensburg, opgedaag. 
Hulle het die oortreder in die kombuis verras waar hy besig was om te eet. Hy is oorrompel en vasgebind. Afrique du Sud K9 is intussen ontbied en was kort hierna op die toneel en het die inwoners bygestaan tot die polisie opgedaag het. Die oortreder is in hegtenis geneem.
“Ons wil Afriforum Buurtwag en Thembelani Mayoli van Afrique du Sud, sowel as almal wat kom help het, bedank. Ek en die kinders was veronderstel om by die huis te wees, maar ons was nie, en daarvoor is ek dankbaar,” het Cindy gesê.