Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Daar is klagtes van inwoners in Brits ontvang omtrent rou riool wat nou al weke lank by die rioolmangate in McIntyre- Aletta- en Damarastrate uitstroom en alhoewel inwoners dit al talle kere by die Plaaslike Munisipaliteit van Madibeng aangemeld het, is die probleem nog nie opgelos nie.
Daar is drie pompstasies in die gebied wat buite-werking is: een in Alettastraat en twee in Damarastraat.

Bo en behalwe dat dit ‘n gesondheidsrisiko inhou, is die stank ondraaglik en inwoners moet met toe vensters ook nog die brommers en vlieë trotseer. Die probleem is met Elsa Lourens, VF+ raadslid van Bojanala Platinum Distriksraad en ook raadslid van Madibeng plaaslike munisipaliteit opgeneem, wat dit met Madibeng opgevolg het en aan haar gesê het dat hulle vir onderdele wag voordat hulle die rioolpompstasies kan herstel. Gister het Lourens die klagte geëskaleer en op ‘n verduideliking aangedring hoekom die onderdele nie aangekoop word nie.
Wonder bo wonder het daar gistermiddag omstreeks 13:00, ‘n Madibeng-trok by die Alettastraat-rioolpompstasie opgedaag met ‘n nuwe rioolpomp wat geïnstalleer gaan word en daar is belowe dat Madibeng ook by die Damarastraat-rioolpompstasies foutsporing en die nodige herstelwerk sal doen. (Foto’s verskaf)
(Brits Pos sal inwoners, wat ook belastingbetalers is, op hoogte van die vordering hou.)