Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – HARTBEESPOORT - Die ANC-beheerde Madibeng-plaaslike munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort en Mooinooi), het areas in Hartbeespoort begin ontbos op aandrang van die VF Plus.
“Hierdie optrede volg nadat tientalle meter kragkabels die afgelope ses weke in Hartbeespoort uitgegrawe is in gebiede waar die ruigtes die optrede van die kabeldiewe verberg,” vertel Gullaume Clouston, VF+-raadslid, Hartbeespoort.

“Hierdie kabeldiefstal het die Ifafi-woonbuurt van Hartbeespoort soms vir dae sonder krag gelaat.
Uit die omvang van die diefstal is dit duidelik dat die skuldiges dae lank onverstoord kon werk om tot 90m elektriese kabel op ʼn slag te verwyder. In een voorval is selfs ʼn laaigraaf gebruik, wat daarop dui dat ‘n sindikaat moontlik bedrywig is”.
Die VF Plus het ook, in samewerking met die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), buurtwagte en private sekuriteitsmaatskappye gereël dat sigbare polisiëring in die gebied verskerp word. Die polisie ondersoek die aangeleentheid.
“Die VF Plus sal voortgaan om druk toe te pas dat die owerhede doeltreffende stappe neem om kritieke infrastruktuur te beskerm. Die inwoners van Madibeng verdien beter as die ANC,” sluit Clouston af. (Foto’s verskaf)