Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – DAMONSVILLE – In dramatiese gebeure Saterdagoggend omstreeks 04:30, het ‘n neef sy neef in Damonsville doodgeskiet.
“Drie jong vriende was na bewering te voet in Jasmynlaan oppad en twee ouer mans (neefs) het in die teenoorgestelde rigting gestap,” sê kolonel Adéle Myburgh, SAPD Noordwes-woordvoerder.  “Daar was klaarblyklik ‘n konfrontasie en die een neef het skote afgevuur en ‘n 18-jarige man in albei sy bene getref en klaarblyklik het talle skote sy neef, Thomas Lesebe (44) getref. Lesebe het op die toneel aan sy beserings beswyk.

Volgens die skieter, Tebogo Wilson Makwela (44), ‘n lid van die Tswane Metropolisie, het hy waarskuwingskote afgevuur om die jong mans te verjaag, wat hulle na bewering aangeval het.
Met die inligting wat die polisie op die toneel gekry het, is hulle na die hospitaal waar die 18-jarige vir behandeling geneem is en na die nodige behandeling is die slagoffer, saam met die polisie na Brits polisiestasie geneem. Met sy aankoms het die jongman Makwena gesien en hom herken as die man wat hom geskiet het.
Makwena is in hegtenis geneem en het Maandagoggend in Brits Landdroshof op aanklag van moord en poging tot moord verskyn. Hy bly in aanhouding en verskyn weer Vrydag, 19 Julie, in dieselfde hof.
Kolonel Myburgh het bevestig dat die sake teen Makwela, na die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (Opod) verwys is.