Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die paramedici van HEMS en hulle span van Station 21 Fire & Rescue, het Maandag, 3 Maart, op ‘n enkelvoertuig botsing op die R566 Rosslyn-pad gereageer. Volgens inligting op die toneel het die bestuurder vermoedelik beheer oor die voertuig verloor, die pad byster geraak en die voertuig het gerol.

Gedurende die tuimeling het ‘n groot rots in die voertuig vasge-Osteek. In die kritieke wending was een persoon in die voertuig onder die rots vasgekeer wat ‘n ernstige gevaar ingehou het.

Die span van Station 21 Fire & Rescue het gespesialiseerde toerusting gebruik om die rots te stabiliseer en die persoon uit die wrak te bevry. HEMS se paramedici het die persoon op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vir verdere behandeling geneem.