Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – SONOP – Dis nag in Sonop en wanneer die ligte weer gaan skyn is ‘n vraag wat steeds onbeantwoord is.
Na afloop van die vorige twee weke se beriggewing in Brits Pos oor die kragkrisis in Sonop waar gesê is dat daar onderhandelings tussen die departement van publieke werke en Eskom is, het tot op hede nog geen positiewe gevolge gehad nie.

Brits Pos het sedert Maandag, 25 November verskeie klagtes van inwoners ontvang en met Elsa Lourens, raadslid van Bojanala Platinum Distriksraad en ook raadslid van Madibeng plaaslike munisipaliteit oor die redes waarom die krag nogsteeds nie in Sonop aangesit is nie, gepraat. Volgens Elsa het sy reeds verlede Woensdag, 20 November met die departement van publieke werke gepraat. 
“Toe is daar gesê die betaling gedoen is en sodra die bewys van betaling ontvang is, die krag ten volle herstel sal word,” sê Elsa. 
“Teen Vrydag, 22 November was daar steeds nie krag nie en by navraag is daar gesê dat niemand na bewering oor naweke werk om krag te herstel nie.”
Volgens die departement van publieke werke is daar aan Eskom ‘n afbetalings-ooreenkoms op e-pos gestuur. 
Maandag, 25 November het Elsa weer met die departement van publieke werke en Eskom oor die kwessie gekommunikeer.
Volgens Elsa het sy met die bestuurder van Eskom se departement van inkomste en krediet gepraat en dié bestuurder het gesê dat hy glad nie bewus is van so ‘n ooreenkoms nie.  Die bestuurder van Eskom se inkomste en krediet departement het toe gesê dat indien die departement van publieke werke nie 50% van die uitstaande bedrag van Sonop se kragrekening (wat nou al miljoene rande beloop) betaal nie, die krag nié herstel sal word nie. “Volgens die departement van publieke werke is die ooreenkoms met die streeksbestuurder van Eskom gesluit en ons wag nou dat die twee Eskom enititeite met mekaar kommunikeer,” sê Elsa.
Die situasie met Sonop se krag is ‘n groot probleem, aangesien die departement van publieke werke nie genoeg huurgeld van die inwoners van Sonop ontvang om die krag te betaal nie,” sê Elsa.
 “Water en krag was nog altyd gratis in Sonop, maar die inwoners is verantwoordelik om huurgeld (wat minimal is) aan die departement van publieke werke te betaal, wat dan aan Eskom vir krag betaal word.”
“Daar is ongeveer 300 huise in Sonop wat huur moet betaal, maar na bewering het slegs ‘n handjievol mense hulle huurgeld gedurende September aan die departement van publieke werke oorbetaal. Om die probleem aan te spreek word daar ‘n beroep om inwoners gedoen on hul huurgeld te betaal,” sê Elsa.
Teen druktyd was daar geen verdere inligting oor die kragkrisis in Sonop beskikbaar nie.