Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Volgehoue druk van lede van die VF Plus, onder die dinamiese leiding van Elsa Lourens, het verlede Vrydag, 29 November daartoe gelei dat die kragtoevoer in Sonop, na weke se duisternis, herstel is.
Elsa Lourens het aan Brits Pos bevestig dat die VF Plus reeds op 7 November ‘n afvaardiging van die Sonop-gemeenskap, in onderhandelings met Noordwes se departement van openbare werke en paaie gelei het.

“Alhoewel daar tydens dié geleentheid ‘n onderneming van die departementshoof verkry is dat die kragtoevoer op 12 November herstel sou wees, het die departement nie sy woord gestand gedoen nie,” sê Elsa. “Sonop resorteer onder Noordwes se departement van openbare werke en paaie en nié onder die Madibeng-plaaslike munisipaliteit nie.” “Dit het ons (VF Plus) genoop om met bemiddeling van sy provinsiale wetgewerlid, Michal Groenewald, die Noordwes-premier, Lazarus Mokgosi, direk by die aangeleentheid te betrek. Dit was deurslaggewend in die uiteindelike oplossing van die kwessie,” sê sy.
Die VF Plus sal voortgaan om met die owerhede te beding om die voortslepende diensleweringskwessies in gemeenskappe soos Sonop volhoubaar op te los.