BRITS POS – BRITS – Die Hoërskool Wagpos se interne redenaarskompetisie wat 10 en 11 Februarie plaasgevind het, was beslis ‘n hoogtepunt op die skool se kalender.
Nie minder nie as 45 leerlinge het met uitstekende redenaarsvermoëns en knap spraakvaardighede, toesprake van hoogstaande gehalte gelewer Na afloop van die kompetisie het 18 leerlinge gekwalifiseer om gedurende April aan die ATKV se redenaarskompetisie te gaan deelneem.
Die wenners in elke graad is:
Gr.8: Edrich Ernst, David Meyer, Lida-né Barnard (beste junior dogter) en Martin Lamprecht.
Gr.9: Lodé Pieterse (beste junior seun), Stefan du Preez, Inge Dercksen en Estelle Janse van Rensburg.
Gr.10: Elanri Harholdt, Danicka Goosen, Chavon Venter en Denziella Nielsen.
Gr.11: Robert Burger (beste senior seun), Marga Terblanche, Roelof van Wyk en Marteneze Gower.
Gr.12: Marizel Burger (beste senior dogter)
en Doré Keulder.