Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Met ‘n sak vol goue medaljes wat die 14-jarige Luca Otto, ‘n swemmer van Champion Swemklub en leerling van Hoërskool Brits tydens die Noordwes Skole- swemkampioenskappe losgeswem het, kan daar nog groot dinge van dié indrukwekkende swemmer verwag word.

Nie net het hy agt goue medaljes verower nie, maar ook sy beste tye in sewe items (200m Vryslag, 50m Borsslag, 100m Borsslag, 50m Vlinderslag, 50m Vryslag, 50m Rugslag en 100m Vryslag) geswem wat kwalifiserende tye vir die SA Skole-swemkampioenskappe is. Dié SA Skole-swemkampioenskappe vind van 5 tot 9 April in Bloemfontein plaas. 
Verder kwalifiseer hy in vier items (100m Borsslag, 200m Borsslag, 100m Vryslag en 200m Vryslag) vir die Suid-Afrikaanse Junior Nasionale Kampioenskappe (SANJ) wat 25 tot 29 April in Kaapstad gehou word.
Volgens Luca se afrigter, Yvonne Victor het hy verbasende dryfkrag en sy onwrikbare toewyding aan die sport maak van hom ‘n kampioen in eie reg.
Luca se uitslae van die Noordwes Skole-swemkampioenskappe:
Goue medaljes in: 200m Vryslag (2:17.33), 50m  Borsslag (35.48), 100m Borsslag (1:19.03), 50m Vlinderslag (30.09), 50m Vryslag (27.39), 200m Borsslag (3:02.89), 50m Rugslag (34.54) en 100m Vryslag (1:01.89). (Foto’s verskaf)