BRITS POS – BRITS – Die duiwe van die twee klubs in Brits, Brits Posduifklub en Hermes Posduifklub het vanjaar ‘n uitstekende seisoen gehad.
Albei klubs is deel van die Platina Spesialiste Wedvlug Duiwe-unie (PSWU), Noord-divisie en na afloop van die laaste wedvlugte van die unie, is die algehele uitslae bekendgemaak.
Die duiwe van Brits Posduifklub het skoonskip in die kortpad, middelpad en langpad-wedvlugte gemaak en die eerste drie plekke op die podium ingevlieg. Baie geluk aan Pierre Swanepoel, Louwtjie Fourie en Johan Conradie.
*Brits en Hermes se PSWU-uitslae van die 6x kortpad-, 6 x middelpad en 5 x langpadwedvlugte: Brits: PAS (Pierre Swanepoel) & Amston 1 (1ste), Brits: Louwtjie Fourie C (2de), Brits: Conradie & GJT 1 (3de), Brits: Maritz Hokke (5de), Brits: PAS (Pierre Swanepoel) & Amston 2 (6de), Brits: Louwtjie Fourie B (7de), Hermes: JB Lofts A (9de), Brits: PAS (Pierre Swanepoel) & Amston 3 (11de), Hermes: Gert Smith A (13de), Hermes: JB Lofts B (16de), Brits: Louwtjie Fourie A (18de), Brits: Conradie & GJT 2 (20ste), Hermes: Greames Loft (21ste), Hermes: Brits Hokke (22ste), Brits: PAS (Pierre Swanepoel) & Amston 4 (27ste), Hermes: Gert Smith B (29ste), Hermes: Wayne Larson (34).
*Uitslae van die Sprints (300-350km): Brits: Louwtjie Sprints A (1ste), Brits: Con & GJT Sprints (2de), Brits: Louwtjie Sprints B (3de), Hermes: Greames Loft Sprints 1 (5de), Brits: Maritz Hokke Sprints (10de) en Greames Loft Sprints 2 (14de).
Vir meer inligting oor die volgende wedvlugseisoen, skakel Pierre Swanepoel by 076 926 7006.