Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Saterdagaand was dit uithaal en wys vir ons drie boere van Brits – Steph Meintjes, Lambertus Scheepers en Ernst Meintjes tydens die Moer ‘n Boer-toernooi wat by die Heartfelt-arena gehou is. Die uitslae is: 
Lambertus Scheepers vs Eric Basson: Lambertus wen in 2de ronde: 1’18” met ‘n tegniese uitklophou;


Steph Meintjes vs Dandré Prinsloo: Steph wen in die 2de ronde: 2’ 23” met ‘n wurggreep, genoem RNC “Rear Naked Choke”.
Ernst Meintjes vs Jannie Nel : Ernst wen in 1ste ronde: 1’ 53” met ‘n uitklophou.
‘n Tegniese uitklophou (TKO – Technical knock-out) in gemengde gevegkuns vind plaas wanneer die skeidsregter die geveg stop omdat een vegter nie instaat is om homself te verdedig nie, selfs al is hy nie bewusteloos geslaan nie, maar te veel houe ontvang sonder om effektief terug te veg of homself te verdedig.
Uitklophou (KO- knock-out) – die verloorder het verlies van bewussyn en die geveg word gestop om die teenstander te beskerm teen onnodige skade wanneer dit duidelik is dat hy nie meer effektief of veilig kan meeding nie.
Die “Rear Naked Choke” (RNC) is ‘n wurggreep in gemengde gevegskuns.
Onlangse studies het getoon dat die RNC gemiddeld 8,9 sekondes neem om ‘n teenstander bewusteloos te maak, ongeag die greep wat gebruik word.
Die alghele wenner van Moer ‘n Boer is nog nie bepaal nie, maar die publiek gaan stem vir die wenner van die gevegte en die reeks. Daar is alreeds besprekings om opvolgreekse van Moer’n Boer te vervaardig.
Brits Pos het met ons wenboere gesels en deel graag kortliks hulle ervarings met ons lesers.
*Steph Meintjes vertel dat hy gefokus in die gevegshok ingestap en Dandré as ‘n teenstander gesien het en geweet het, hy sal sy beste móét gee, en hy het. Steph vertel ook dat hierdie spesiale 12 manne goeie vriendskapbande gesmee het.
*Lambertus Scheepers vertel dat daar wonderlike respek tussen die manne is en dat die duisende Britsie-ondersteuners amper sy asem weggeslaan het. Hy het sy arm gebreek, maar dit was defnitief die moeite werd.
*Ernst Meintjes het ernstig voorberei en was gefokus en moes sy ‘geestelike skakelaar’ aanskakel om ‘n opponent voor hom te sien. Na die kompetisie het al die boere weer lekker as vriende saam gekuier. 
(Dankie Anika le Roux, sosiale mediakoördineerder van The Insurance Hub wat Brits Pos onbaatsugtig bygestaan en verstaan dat “koerante nie brieke het nie!”)
(Fotograaf: Michael Nieuwoudt)