BRITS POS – BRITS – Twee van Laerskool Brits se gholfspanne het skitterende spel tydens die Noordwes Skole gholf-kompetisie, wat op Magalies Park Gholfbaan plaasgevind het, gelewer.
Die dogterspan was die algehele wenners in Noordwes en die A2 seunsspan algehele wenners in die Noordwes IPS-liga.
Die twee spanne verteenwoordig die provinsie op 2 en 3 Desember tydens die Interprovinsiale skole-liga, wat by Ruimsig Akademie in Roodepoort plaasvind.