Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Dian Erasmus, ‘n rugbyspeler van Hoërskool Brits het sy vlerke op internasionale velde gesprei en uitstekende rugby in Engeland gespeel.
Sy rugbytalent is vroeër vanjaar raakgesien toe hy deur die Rugby Travel Academy (RTA) gekies is om van 18 tot 26 September, as deel van ‘n o.15-rugbytoerspan na Bristol, Engeland te reis om teen van die beste klubspanne daar te speel.

Hier het Dian telkens die oog gevang en is na afloop van die toernooi, deur RTA as speler van die toernooi aangewys.
Dian was die enigste speler van Hoërskool Brits. Die res van die span het uit spelers van die hoërskole Garsfontein, Noordheuwel en Riebeeckrand bestaan.
Die o.15’s het twee van hulle drie wedstryde gewen. Die jong manne van Suid-Afrika het hulle staal in die laaste wedstryd teen QEH Bristol se o.16-span gewys en Bristol, op hul tuisveld, met ‘n telling van 28-21 gewen.
“Die groep seuns het ons trots gemaak,” sê Len Olivier, eienaar en direkteur van RTA. “Elke klub het ons na elke wedstryd geluk gewens met die spelers se goeie gedrag op en van die veld af – voorwaar ‘n riem onder die hart.”
Dian maak van die geleentheid gebruik om al die borge vir hul ondersteuning te bedank.
(Foto’s verskaf)