Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Geen modderplas of gebreekte arm het Tiané Thienpont (13) al ooit afgeskrik om op haar motorfiets te klim en aan baie kompeterende off-road-motorfietskompetisies deel te neem nie.
Sy is skaars ‘n “tiekie en ‘n half” lank, maar vir dié passievolle motorfietsentoesias is geen uitdaging te groot nie.

Tiané, ‘n gr.8-leerling van Die Hoërskool Wagpos, se liefde vir die motorfiets het al op die ouderdom van 7 jaar begin en die afgelope 4 jaar is sy deel van die Gauteng Xcross Country Club (GXCC) se streeksspan en neem op provinsiale vlak deel.
Soos sy sê, die adrenaliengogga het gebyt en sy lewe vir die rowwe, modderige paaie en uitdagende hindernisse wat elke wedren bring.
Tiané staan ook geen tree terug vir haar mededingers nie, aangesien dit ‘n seuns gedomineerde sport is.
In 2022 het sy aan haar eerste kompetisie deelgeneem en algeheel 6de in Gauteng in die 65cc klas geëindig. ‘n Jaar later het sy in die 85cc klas (wat net uit seuns bestaan) ‘n algehele 4de plek losgery en van haar mededingers letterlik met “modder gegooi.”
Verlede Saterdag, 15 Maart het sy in Babsfontein aan die tweede rondte van Gauteng off-road motorfiets kompetisie deelgeneem (GXCC) en haarself as ‘n gedugte motorfietsryer bewys. Sy het in twee verskillende afdelings deelgeneem en het ‘n 2de plek in die senior 85cc klas, asook ‘n 2de plek in die vroue klas (13 jaar en ouer) behaal.
Wat haar prestasies merkwaardig maak is dat dit die eerste keer is wat sy in die vroueklas, waar vroue met 250cc motorfietse ry, deelgeneem het. Tiané het met haar 125cc gery omdat sy so klein van postuur is. Nie net was sy die jongste deelnemer nie, maar het ook met net 12 sekondes agter die wenner oor die wenstreep gery.
“Vir my gaan dit nie altyd oor die wen nie, om te kompeteer laat my tuis voel en die gevoel van vryheid maak dit die moeite werd,” sê Tiané. Die uitdaging van elke wedren se uitdagings verskil en dis wat my adrenalien laat pomp.”
As Tiané nie op een van haar twee motofietse is nie, is sy ‘n ywerige leerling. Sy geniet skool, maar veral hokkie en atletiek.