Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Kayleigh Jansen (12), ‘n talentvolle gimnas van Brits Gimnastiekklub het puik uitslae tydens die Noordwes kwalifiserende rondte, onlangs in Klerksdorp behaal.
Sy het aan vier items deelgeneem en haar uitslae (uit 10) is: Vloer (8.90), Sprong (8.95), Balk (7.20) en Brug (8.90). Met dié uitstekende punte, het sy gekwalifiseer om 9 en 10 Augustus aan die Noordwes-gimnastiekkampioenskappe, wat weer in Klerksdorp aangebied word, deel te neem.

Volgens haar afrigter, Alta Lategan van Brits Gimnastiekklub, is Kayleigh ‘n baie gedissiplineerde gimnas en daar is amper geen twyfel dat sy haar provinsiale kleure, vanjaar vir die vierde keer sal ontvang nie, aangesien sy verlede jaar tydens SA’s, ‘n algehele eerste plek met haar vloer-item verower het.
Daar word met groot afwagting uitgesien na Kayleigh se deelname aan vanjaar se Suid-Afrikaanse-gimnastiekkampioenskappe wat van 20 tot 30 September in Kaapstad gaan plaasvind. (Foto’s: Allure Photography)