BRITS POS – BRITS – Kiaan van Deventer (18), ‘n oud-leerling van Laerskool Olienpark en Die Hoërskool Wagpos het verlede jaar ‘n uitstekende seisoen op die rugbyveld beleef.
Hy speel tans vir Tuks Rugbyklub (o.18) as slot en het as ‘n speler van die o.18 Blou Bulle-span sy merk tydens die Inter Provincial Tournament (IPT) gemaak.
Hy het 2025 op ’n hoë noot afgesluit toe hy tydens die IPT-prysuitdeling die trofee “Blood & Guts” as Speler van die Toernooi ontvang het en as Beste Voorspeler van die Toernooi aangewys is en ook twee keer as Speler van die Wedstryd teen die Sharks en in die finaal teen die Lions.
Einde verlede jaar het hy aan die Rugga School se Talent Camp 2025 deelgeneem en is as kaptein vir die 2026 Rugga School Rugby-toerspan gekies. Die span gaan in Desember 2026 na Italië en Frankryk reis waar hulle hul internasionale vlerke gaan sprei.
Kiaan se wortels is nog diep in Brits geanker en sy talent word met groot opgewondenheid dopgehou.









