Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Elke jong seun het ‘n droom, sommiges droom van vinnige motors, maar die 13-jarige Luvan le Roux, van Brits, droom al van jongs af om eendag ‘n beroepsjagter te word. 
Dit is in sy bloed, want hy het al sy eerste rooibok op 4-jarige ouderdom platgetrek. Alhoewel hy al op talle jagekspedisies was waar hy self die jagter was, het hy reeds op 8-jarige ouderdom sy vaardigheid as potensiële beroepsjagter begin verfyn. Op sy kerfstok het hy talle jagters (wat hy tong-in-die-kies sy kliënte noem) op suksesvolle jagekspedisies geneem en is telkens geloof vir sy liefde, respek en passie vir die natuur.

Die afgelope naweek het Luvan weer eens sy vaardigheid en deursettingsvermoë bewys deur nog ‘n susksesvolle rooibokjag op sy kerf te plaas.
Hy het ‘n plaaslike sangeres, Sharoney, op ‘n jagtog vergesel en sy kon nie uitgepraat geraak het oor hoe goed Luvan hom van sy taak gekwyt het nie.
“Hy het presies geweet hoe om my op my gemak te laat voel en wat om te doen tydens die “walk en stalk” van die trop,” sê Sharoney. “Hy ken die veld en die diere se gewoontes. Hy het my met die beste skootplasing gehelp en ook die regte geslag uitgeken, waarna ek ‘n 20” rooibokram geskiet het.”
Luvan, wat volgende jaar met sy hoërskoolloopbaan by Die Hoërskool Wagpos gaan begin, sê sonder huiwering dat om as beroepsjagter te kwalifiseer, beslis deel van sy toekomsplanne is. Maar, tot dan, leef hy sy droom én verdien hy sommer sakgeld ook.