Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Ronel Joubert, ‘n onderwyser van Hoërskool Brits, het Sondag vir die eerste keer, die uitmergelde Comrades Marathon aangepak.
Sy het die wedloop van 85,91km in ‘n tyd van 11:51;26 suksesvol voltooi en haar Vic Clapham medalje ontvang. Sondag het die op-wedloop om 05:30 by Durban se stadsaal begin en Ronel was doelgerig om die wedloop te voltooi, want soos sy sê: “as jy ‘n doelwit vir jouself stel, is dit net jy wat jouself kan terug hou om dit nié te behaal nie.”

“Na hierdie ervaring weet ek dat niks onmoontlik is in die Here se naam nie, want Hy is die een wat my krag gee,” sê Ronel.
Dié “gogga” het haar gebyt nadat sy by haar skool se landloopafrigting en -organisering betrokke geraak het. Nadat haar leerlinge haar oortuig het om aan wedlope deel te neem, het sy die een na die ander halfmarathon kafgedraf en so besluit om vanjaar die “moeder” van alle wedlope aan te pak. Ronel het dié 97ste Comrades met groot welslae Sondagmiddag op die Scottsville Perdewedrenbaan in Pietermaritzburg afgesluit.