Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – MOOINOOI – Die Blitsbok, Shaun Williams, oud-Elie en Olimpiese Spele 2024 brons medaljewenner in sewesrugby, het Maandag sy Alma mater, Laerskool Elandskraal in Mooinooi besoek.
Shaun het met die leerlinge gepraat en gesê jy moet altyd ‘n droom hê en altyd baie hard werk om dit wat jy droom te verwesenlik.

Hy het gesê: “Hier staan ek, ‘n seun van die klein dorpie Mooinooi, nou as ‘n trotse ontvanger van ‘n brons medalje van die Olimpiese Spele 2024. Nederigheid is ‘n baie belangrike eienskap vir enige persoon en jy móét bly wie jy is, moenie verander indien jy iets bereik het nie, want so vinnig as wat jy ‘n hoë hoogte behaal, net so vinnig kan jy val.”