Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Gevra wat Shaun (26) vir homself in die vooruitsig stel, het hy onlangs gesê: “Om week vir week, toernooi vir toernooi my beste te gee en om momentum op te bou en hopelik vir die Olimpiese Spele Blitsbokspan gekies te word.”
Baie geluk Shaun, jy maak ons trots met jou insluiting in die Blitsbokspan wat eersdaags na Parys in Frankryk vertrek om aan die 2024 Olimpiese Spele 7’s-toernooi deel te neem.

Shaun is ‘n man van Mooinooi en het sy laerskoolloopbaan by Laerskool Elandskraal begin en voltooi en was nog altyd een wat met oorgawe geoefen en gewerk het. Sy familie woon steeds in Mooinooi en is verskriklik trots op hom.
Die 2024 Olimpiese Spele Sewestoernooi word van 24 tot 27 Julie gespeel en die Blitsbokke se eerste Groep A-wedstryde in Stade de France, is Woensdag, 24 Julie, om 17:30 (SA-tyd) teen Ierland en 21:30 teen Nieu-Seeland. Donderdag, 25 Julie speel hulle 16:00 teen Japan en dan sal Suid-Afrika steeds duim vashou dat die Blitsbokke met goud beloon word. (Daar is plek vir 80 698 toeskouers by die Stade de France-stadion.)