Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – DURBAN - Met die Rugbykampioenskap-titelwedloop in die weegskaal, het die Springbokke ‘n meesterklas in die tweede helfte in Durban teen die Argentynse Los Pumas gelewer.
Na die spannende eerste 40-minute wat op 25–23 geëindig het, het Suid-Afrika met 42 onbeantwoorde punte in die tweede helfte losgebars.

Losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu was onstuitbaar en het ‘n rekordbrekende 37 punte aangeteken met ‘n driekuns, presisie skoppe en ‘n praglopie van 134 meters.
Met nege drieë teen ‘n meedoënlose pas en ‘n brullende Kings Park-skare was dit Springbok-rugby op sy beste, beslis ‘n wedstryd van twee helftes. Niemand sou kon dink dat die Bokke sal uitdraf en nog 42 punte in die tweede helfte aanteken nie.
Die 23-jarige Sacha Feinberg-Mngomezulu was in elke opsig sensasioneel en teken 37 punte vir die Springbokke aan en stel ‘n nuwe rekord op deur die meeste punte deur ‘n Springbok in ‘n enkele toetswedstryd aan te teken. Dit het die vorige langstaande rekord van 35 punte deur Percy Montgomery teen Namibië in 2007 oortref.
Pieter-Steph du Toit en Manie Libbok het ook drieë bygevoeg om Argentinië te stuit.
Die Springbokke het nog één hekkie wat hulle van die Rugbykampioenskap-trofee skei – Argentinië. Die afskop is Saterdag, 4 Oktober om 15:00 in die Allianz-stadion in Londen en Australië speel teen Nieu-Seeland in Perth.