Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Thornhill Primary School het vanaf Woensdag, 20 Junie tot Vrydag, 22 Junie, ‘n baie suksesvolle kriekettoernooi aangebied vir die omliggende laerskole ter voorbereiding van die krieketliga-wedstryde wat na die skoolvakansie begin.

Die skole wat deelgeneem het, is Thornhill Primary School se o.13A & B, Elandskraal o.13A, Brits Kwena se o.13-uitnodigingspan en nadat ‘n buiteskool op kort kennisgewing onttrek het, is ‘n uitnodigingspan van spelers van al die skole in Brits en Hartbeespoort genooi om deel te neem. Ook die o.11A’s van Thornhill Primary School, Laerskool Olienpark en Laerskool Brits het deelgeneem.
Die wedstryde is by Thornhill Primary en Laerskool Olienpark gespeel en krieket-afrigtingsessies is by Laerskool Olienpark aangebied. Al die deelnemers het by Kwaggasrus, buite Brits tuis gegaan, waar hegte bande tussen die spelers gesmee is.