Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Brits Krieketklub se o.40 Veterane span, ook bekend as die Brits Intertoy Toyota Veterane (Brits Legends), het vanjaar weer eens ‘n uitstekende seisoen in die Northern Titans Veterans Premier Liga gehad.
Die span het uitnemende krieket in die T20-, T30- en T40-ligas gespeel. In die T20- en T30-liga het Brits tot in die halfeindrondte gevorder, maar dit was in die T40-liga waar hulle hul staal gewys het, deur onoorwonne te bly en as die algehele Premier Liga-kampioene uit die stryd te tree.

Saterdag, 20 Julie, was dit die amptelike jaarafsluiting vir die 2023/24 seisoen, asook die jaarlikse prysuitdeling waar daar trofeë aan die uitblikers oorhandig is.
Albertus Roodt is as T20 Bouler van die Jaar aangewys met 5 paaltjies teen ‘n gemiddeld van slegs 16 en ‘n lopietempo van slegs 5.33 per beurt. 
Nico de Bruyn is as T20 Kolwer van die Jaar aangewys met 145 lopies teen ‘n gemiddeld van 29, asook as die beste veldwerker vir die seisoen waar hy met 27 kolwers, agter die paaltjies, afgereken het.
In die T30 liga het Dewald Puth as Kolwer van die Jaar geseëvier met 237 lopies teen ‘n gemiddeld van 29.62. 
Brian Bonner was die Bouler van die Jaar met 10 paaltjies en ‘n uitstekende gemiddeld van 14, teen slegs 3.59 lopies per beurt. 
Wayne Fraser het met die louere weggestap as Bouler van die Jaar in die T40 liga, waar hy 15 paaltjies ingeoes het teen ‘n gemiddeld van slegs 9.73 lopies per paaltjie en ‘n uitstekende lopie-tempo van slegs 4.17 lopies per beurt. Hy is ook as die Veelsydigste Speler, met ‘n totaal van 21 paaltjies en 293 lopies vir die seisoen, aangewys.
Werner Albrecht (kaptein), is as Kolwer van die Jaar in die T40 liga aangewys, waar hy spog met 214 lopies teen ‘n gemiddeld van 42.8.
Die T40 Premier Liga-trofee is tydens die geleentheid amptelik aan die  Brits Legends oorhandig.
Verder spog die Brits Legends met drie spelers, Wayne Fraser, Dewald Puth en Werner Albrecht, wat gedurende Junie die Titans o.40-span tydens ‘n toer na KZN verteenwoordig het. Werner Albrecht was die kaptein van die Titans. 
Die nuwe krieketseisoen is om die draai en die manne van Brits gaan hulle litte los hou deur ‘n aantal oefenwedstryde gedurende die winter te speel. 
Met die sukses wat die Brits Legends reeds op die veld behaal het, is die belangstelling onder veteraan krieketspelers van so ‘n aard dat Brits genoodsaak was om ‘n tweede Veterane span, die Brits All-Stars, in die T20, T30 en T40 ligas in te skryf. 
Brits Krieketklub, en veral die Brits Veterane, nooi alle belangstellende spelers, ondersteuners, asook potensiële borge uit om gerus in te skakel en deel te word van die wenkultuur. Brits Legends bedank die hoofborg, Intertoy Totyota Brits, wat vir die laaste twee jaar bankvas agter die span gestaan het, van harte.