Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Met groot name soos onder andere Steve Hofmeyr en Pieter Smith wat vir die vermaak verantwoordelik was, was verlede Saterdag se Vorentoe Fees ‘n groot  sukses en het nog ‘n merkwaardige dag op die Vorentoe-gemeente se kalender gemerk. 
Die dag het, soos dit nou ‘n tradisie is, met die Brits Gravel Grinder-fietswedren afgeskop, met talle fietsryers wat hulle fiksheid én staal kom wys het.

Fietsryers van heinde en verre het kom deelneem en die roete moes aangepas word, aangesien die inskrywings vanjaar byna verdubbel het. 
Volgens die organiseerders van die fietswedren, was dit opwindend om die droom te sien groei en dat hulle aanstaande jaar nóg meer entoesiastiese deelnemers kan akkommodeer. 
‘n Groot verskeidenheid stalletjies met heerlike eet- en drinkgoed, asook hope vermaak vir die jongspan het tot die fees se gesellige atmosfeer bygedra.
“So ‘n fees gaan oor veel meer as die fondse - dit gaan oor die gemeenskap, die samesyn, die klets en die kuier. Dit was vet pret,” sê ds Luné Dorfling, wat dié jaar by NG Vorentoe as leraar aangesluit het.
Die organiseerders bedank graag elke gemeentelid, uitstaller, feesganger en borg wat die fees ‘n werklikheid gemaak het. Dit sou nie sonder een van dié kardinale rolspelers moontlik gewees het om ‘n goed georganiseerde dag te kon aanbied nie.