Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – HARTBEESPOORT – By die Wêreld Meesters Atletiekkampioenskappe wat in Gothenburg, Swede in Augustus gehou is, het Hartbeespoort-atletiekklub se atlete uitgeblink met uitmuntende vertonings. Warren Schmelzer (70), het in die mans 70-74-kategorie deelgeneem en as dubbele wêreldkampioen na vore getree. Hy het sy eerste goue medalje in die hinderniswedloop verower en ‘n nuwe Suid-Afrikaanse- en Afrikarekord opgestel en daarna ‘n spannende oorwinning in die 800m behaal waar hy die wêreldrekordhouer met net ‘n paar meters na die eindstreep verbygesteek en sy tweede goue medalje verower het en nog ‘n nasionale- en kontinentale rekord opgestel het.

Maar dit was nie die einde van die Harties se vreugde nie. Tessa Schmelzer, Warren se eggenote het in die Vroue 60-hoogspringitem verras waar sy teen 17 ander internasionale atlete deelgeneem het en met ‘n bronsmedalje beloon is.
Baie geluk aan hierdie uitstekende atlete met die puik prestasies, julle maak ons trots.  
Junior en senior atlete wat bewese atletiekafrigting wil hê, kan die Hartbeespoort Atletiekklub-afrigter, Koos Pansegrouw op 082 775 1984 kontak.