Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: In die lig van die huidige Dawid Kruiper Plaaslike Munisipale Waardasierol wat op 30 Junie 2025 verval, is ‘n waardasie maatskappy aangestel om ‘n rol saam te stel.
Die Wet vereis dat  ‘n plaaslike munisipaliteit minstens een keer elke vyf finansiële jaar ‘n nuwe algemene waardasierol saamstel. 
In ‘n onlangse persverklaring sê DKM “Die nuwe Algemene Waardasierol sal binnekort in die media geadverteer word om die publiek in kennis stel dat die rol vir inspeksie beskikbaar is. Dit sal by alle munisipale kantore toeganklik wees en sal ook op die munisipaliteit se webwerf beskikbaar wees.”
 Enige individu kan - binne die gespesifiseerde tydperk - ‘n beswaar oor enige aangeleentheid wat in of weggelaat is uit die rol, by die munisipale bestuurder aanteken.


 Beswaarvorms sal by alle munisipale kantore en op die munisipaliteit se webwerf beskikbaar gestel word.
Dit is van kardinale belang om daarop te let dat die basis vir die waardasies markwaarde is, wat gedefinieer word as “die bedrag wat die eiendom sal realiseer op die datum van waardasie in die ope mark deur ‘n gewillige verkoper aan ‘n gewillige koper”.
Indien ‘n beswaar teen die waarde van die eiendom gemaak word, moet dit slegs gedoen word - indien die beswaarmaker van mening is dat die waarde (soos dit in die rol verskyn) nie “markwaarde” soos per definisie verteenwoordig nie.
Besware gebaseer op die volgende gronde sal nie as geldig beskou word nie en kan van die hand gewys word:
1. Die aandui van ‘n persentasie toename in waarde - deur die vorige waarde met die nuwe waarde te vergelyk: 
Dit is nie ‘n geldige rede vir beswaar nie, aangesien dit nie gepaste markbewyse daarstel nie en as ‘n ongeldige beswaar verwerp sal word. Die doel is om die markwaarde te bepaal - soos op die datum van waardasie.
2. Verhoging in of bekostigbaarheid van Tariewe en Belasting: 
Die bepaling van tariewe word deur aparte wetgewing beheer en is nie deel van hierdie beswaarproses nie. Indien daar ‘n beduidende toename in waardes in die nuwe waardasierol is, sal die munisipaliteit die moontlikheid ondersoek om tariewe aan te pas gedurende die 2025/2026 MTREF begroting -  voor die implementering van die waardasierol op 1 Julie 2025 -  om hierdie waardeverhogings te versag, in ooreenstemming met die relevante wetgewing en deur ‘n openbare deelnameproses.
3. Onvoldoende markbewyse om markwaarde te staaf: 
Dit word vereis dat die beswaarmaker voldoende markbewyse verskaf - om die versoekte verandering in waarde te regverdig.
4. Beswaar teen verskeie eiendomme op een beswaarvorm: 
‘n Afsonderlike beswaarvorm moet vir elke individuele eiendom voltooi word. Alle vorms sal beskikbaar wees op die DKM -webtuiste.
5. Vergelyking van die waarde van een eiendom met dié van ‘n ander eiendom in die waardasielys: Dit is nie ‘n geldige rede vir beswaar nie, aangesien dit nie gepaste markbewyse daarstel nie en as ‘n ongeldige beswaar verwerp sal word. Die doelwit is om die markwaarde te bepaal vanaf die datum van waardasie.