Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Ten spyte van die positiewe aspekte van Suid-Afrika se alternatiewe energie-oplewing vir huishoudings en Eskom se gespanne infrastruktuur, word diegene wat sonkragstelsels geïnstalleer het steeds deur die kragvoorsiener gestraf.
Luidens ‘n MyBroadband-verslag het Eskom Suid-Afrikaanse huiseienaars, met son-kragstelsels op die dak, gewaarsku dat alle roostergebonde son-kragopstellings - wat nie by die nutsdiens geregistreer is nie, nou as “onwettig” beskou word.
Dit geld selfs vir stelsels wat nie elektrisiteit na die netwerk terugstuur nie.
Baie mense het hulle tot sonkrag gewend om hul elektrisiteits-rekeninge te verlaag en hul afhanklikheid van Eskom te verminder, maar hierdie nuwe standpunt het frustrasie en verwarring veroorsaak. Eskom beywer hom terselfdertyd vir groot tariefverhogings, wat elektrisiteitskoste vir sommige gebruikers met soveel as 321% kan verhoog.


Suid-Afrika se son-kragkapasiteit het vinnig gegroei en bereik 8,97 gigawatt in 2024, byna 12% hoër as 2023. 
Dit sluit bydraes van openbare projekte en privaat maatskappye in. Teen Oktober 2024 het sonkraginstallasies in die privaatsektor 961 megawatt by die netwerk gevoeg.
Eskom se elektrisi-teitsverkope het egter in die afgelope boekjaar met 3% gedaal, wat sy finansiële spanning bygedra het - ondanks bedryfsverbete-rings. Alhoewel Eskom beurtkrag in Maart 2024 beëindig het, staar hy uitdagings in die gesig weens minder verkope en stygende koste.
Chris Yelland, ‘n energie-ontleder, het verduidelik dat Eskom se elektrisiteitsproduksie aansienlik afgeneem het, al het die algehele vraag dieselfde gebly.
Om dit aan te spreek, verskerp Eskom beheer oor sonkragstelsels -  wat aan sy netwerk gekoppel is. Die nuts-maatskappy beweer dat hierdie maatreëls nodig is vir veiligheid en nakoming, maar het ‘n terugslag ondervind vir die hoë koste daaraan verbonde.
Sonkraggebruikers rapporteer dat hulle aangesê word om aan streng nuwe standaarde te voldoen, selfs al het hul stelsels reeds ‘n voldoeningsertifikaat van ‘n gekwalifiseerde elektrisiën.
Huiseienaars is gevra om nuwe toerusting, soos isolators en slim meters, te installeer en om ekstra papierwerk in te dien, insluitend ingenieursbeoordelings van hul dakstrukture.
Sommige is tussen R27 000 en R50 000 ge-kwoteer om hul stelsels aan te pas. Hierdie koste laat baie sonkraggebruikers gefrustreerd en onseker oor hul energiekeuses.
Volgens ‘n ontleding deur MyBroadband kan selfs huishoudings wat baie min elektrisiteit gebruik hul rekeninge tot 321% die hoogte inskiet.
Kenners soos Patrick Narbel, medestigter van die sonkragmaatskappy GoSolr, waarsku dat Eskom se fokus op die verhoging van vaste hef-fings die hernubare energiesektor kan benadeel.
Hoë vaste koste kan energiedoeltreffendheid ontmoedig en sonkragbeleggings minder aantreklik maak, wat in stryd is met Suid-Afrika se volhoubaarheidsdoelwitte.
Narbel stel voor ‘n beter benadering sal ‘n gebalanseerde tariefstruktuur wees - wat slim energiegebruik aanmoedig terwyl koste billik gedeel word.
Hy bevraagteken ook Eskom se bewering dat die meeste van sy koste vas is, en wys daarop dat internasionale standaarde dikwels opwekkingskoste as buigsaam hanteer.
Eskom se nuwe vereistes vir sonkraggebruikers sluit in die migreer na die Homeflex-tyd-van-gebruik-tarief en die installering van tweerigting-slimmeters. Terwyl hierdie maatreëls ten doel het om netwerkveiligheid te verbeter, sien baie dit as ‘n manier vir Eskom om beheer oor inkomste te behou en mededinging van alternatiewe energiebronne te beperk.
Dit kan toekomstige sonkragbeleggings ontmoedig en die gaping tussen ryk en laer-inkomste huishoudings vergroot.  Ryker gesinne kan kies om die netwerk heeltemal te verlaat, terwyl ander stygende koste met minder opsies in die gesig staar. Ten spyte van die uitdagings is daar hoop vir positiewe verandering. 
Kenners soos Narbel meen Eskom kan sy beleide hersien om ‘n regverdiger energie-oorgang te ondersteun. Deur vaste heffings aan spitsenergiegebruik te koppel en koste oor alle gebruikers te versprei, kan Eskom energiedoeltreffendheid en innovasie aanmoedig.
Vir eers moet sonkraggebruikers onsekerheid en stygende koste hanteer. Eskom se strewe vir strenger reëls en hoër heffings het debat oor die land se energie-toekoms ontlok.
Dit is duidelik dat Suid-Afrika beleide benodig wat finansiële stabiliteit, omgewingsdoelwitte en regverdigheid vir alle energiegebruikers balanseer.