GEMSBOK-UPINGTON: Gewilde motorfietsryer-dokter, dr Andrè Hattingh, het weer Vrydag sy jaarlikse besoek aan Upington gedoen.
Ride for a Child, ’n jaarlikse liefdadigheidsmotorfietsrit van 7 000 km regoor Suid-Afrika om fondse in te samel vir minderbevoorregte kinders se operasies en mediese behandeling, sal op 24 Februarie ’n wêreldrekord probeer om die meeste motorfietse in verspringende formasie in Jeffreysbaai te laat ry.
Kantoorbestuurder, Joyce Crompvoets, het gesê Ride for a Child is vyf jaar gelede deur dr André , die stigter en HUB van Pediatric Care Africa, geïnisieer.
Die organisasie se jaarlikse Ride for a Child, het op 11 Februarie in Mpumalanga begin.
“Ons besoek die mees noordelike, westelike, oostelike en suidelike dele van Suid-Afrika - om ’n simboliese sirkel om die kinders van Suid-Afrika te trek, om vir hulle te wys dat ons vir hulle omgee,” het Dr Andè gesê.
Voordat ons teruggaan na Mpumalanga, sal die roete strek deur Limpopo, Noordwes, Vrystaat, Noord-Kaap, Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.
Dr Andrè het gesê dat hulle deur die Ride for a Child-inisiatief hoop om R500 000 in te samel, wat vir minderbevoorregte kinders se mediese sorg en operasies gebruik sal word.
Hy het verder gesê die fondse sal nie na spesifieke hospitale of gesondheidsorgfasiliteite gaan nie; in plaas daarvan sal dit gebruik word om te betaal vir die behandeling van individuele siek kinders wie se ouers nie mediese behandeling of operasies kan bekostig nie, en nie deur staats-hospitale of -instellings bygestaan kan word nie.
Minderbevoorregte kinders regoor die land sal baat vind by die fondse wat ingesamel word.
Om ‘n unieke kinkel aan vanjaar se Ride for a Child te gee, nooi hulle alle motorfietsklubs, motorfietsorganisasies en fietsryers in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en die res van Suid-Afrika om by hom aan te sluit, terwyl hulle ‘n wêreld - rekord om die meeste motorfietse te hê wat in verspringende formasie ry - te probeer breek.
Ten spyte van die Ride for a Child-rit wat in Mpumalanga begin, sal die wêreldrekordpoging 50 km voor die Caltex Mentors Plaza naby Jeffreysbaai op die N2, aan die westekant, begin en dan na Stormsrivier reis en by die Mentors Country Estate in Jeffreys Baai op 24 Februarie eindig.
Om hierdie rekord te vestig, benodig ons ‘n minimum van 4 500 motorfietse om as een groep in verspringende formasie te ry vir die laaste 50 km na Jeffreysbaai vir hierdie wêreldrekordpo-ging, en ons sal ons rekordpoging formeel by RecordSetters in die VSA indien.
Om by die motorfietsrit aan te sluit, moet ryers ‘n fooi van R100 betaal, terwyl pillions R50 betaal.
“Hierdie fondse wat ingesamel word, sal direk na kinders se mediese sorg en operasies gaan as deel van ons fondsinsamelingspoging om kinders in nood by te staan,” het Crompvoets gesê.
Vir meer inligting of om by die motorfietsrit aan te sluit kontak Joyce Crompvoets by 076 229 5663, e-pos