Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Van der Westhuizen-gesin van Upington, hou op 23 Februarie 2024 om 18:00 ‘n Big Walk vir HeartKids SA by die Eiland.
Elke jaar in Februarie word daar op verskillende plekke in Suid-Afrika “Big Walk’s” gehou.
HeartKids SA is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulle toespits, om, om te sien, na die emosionele welstand van die ouers met kinders wat hartprobleme het.
Charl en Vanessa se dogter, Leilah, is in Julie 2015 met ‘n kroniese hartafwyking gebore. 

Intussen het sy vier operasies by die Christiaan Barnard Memorial Hospitaal in Kaapstad gehad. Trouens, sy is ook in daardie hospitaal gebore, omdat haar ouers voor haar geboorte, reeds voorbereid was dat sy ‘n hartafwyking het.
Sy is tans in graad 3 by Fanie Malan en sy vorder baie goed. Soms kry die hitte haar onder. Sy moet twee pilletjies ‘n dag neem en vir haar jaarlikse ondersoeke by die  Christiaan Barnard Memorial Hospitaal gaan.
Een van haar dokters, is o.a. dr Susan Vosloo, die bekende hartchirug.
Vandag is Leilah ‘n “gesonde” 8-jarige dogtertjie, met baie maats. Haar ma sê omdat sy so aktief en sporttief is, het hulle dit goed gedink om vanjaar die Big Walk vir HeartKids in Upington aan te bied.
So, almal wat hierdie goeie doel wil ondersteun of familie het wat ook hierdie pad moet loop, kan enige tyd kom saamstap.
Die afstand is slegs 2 km. Inkrywings word vanaf 18:00 gedoen. Vir navrae, kan Vanessa geskakel word by 083 719 6672. Kom stap saam en ondersteun so HeartKids SA.