GEMSBOK-CALVINIA: Die Sonskyn Dienssentrum Calvinia het verlede week behoorlik die liefde gevier en saam met Sorgvliet Tehuis, ‘n baie geslaagde Valentynsoggend gehou.
Die groep het geopen met, “Blye versekering”en daarna het pastoor Cloete ‘n gebed gedoen.
Almal is deur Katy welkom geheet en juffrou Jooste het almal geluk gewens wat in die tyd verjaar het of wat hul huweliksher-denking gevier het.
Boeta Gammie het ‘n spesiale lied gelewer waarna leraar Jooste ‘n kort boodskap gelewer het. Juffrou Jooste het ‘n voordrag gelewer en die koortjie het, “Die liefde van Jesus is Wonderbaar,”gesing.
Almal het pragtig versierde kolwyntjies saam met tee of koffie geniet en lekker saam gekuier.
Die bejaardes was dit eens dat dit ‘n heerlike, “liefdevolle” oggend was.