Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-VIOOLSDRIFT: ‘n Kriekplaag het onlangs onder die inwoners van Rooiwal geklim.
 Behalwe die gekloutery het hulle toe sommer van die inwoners gebyt. So byvoorbeeld, het hulle hulle glo een man so gebyt dat hy behandeling moes kry.
 Gerhard van Wyk (47) het gewys dat sy gesig se regterkant vol knoppe was. Sy een oog was toegeswel en die knoppe was baie pynlik. Hy beweer dat dit die krieke was, wat hom beetgekry het. Hiervoor moes hy later by die Rooiwal-kliniek behandeling kry.
 Inwoners het vertel dat die swart/pers krieke hulle oral tuisgemaak het. In hulle riet-, sink- en plankhuisies, asook klere, maar veral beddegoed. Dis veral wanneer hulle gaan lê dat die ywerige en voorbarige krieke op hulle lywe begin baljaar het.
 Rooiwal is naby Vioolsdrift wat aan die suide van die Oranjerivier geleë is. Hier is die versengende hitte (± 40º C) en die krieke lewenslange kamerade.


Ringo Isaacs, oorspronklik van Olifantshoek, het vertel dat hy op n groenteplaas op Rooiwal werk.Volgens hom was die krieke afkomstig van ‘n stuk land, wat langs die woonbuurt lê.
 “Die krieke was baie groot en ek dink dat Van Wyk allergies was vir die krieke, daarom het hy so uitgeslaan. Dit was vir die eerste keer dat die krieke so moeilik was. Nadat ek dit by die boer gaan aanmeld het, het hy die land waar die groente gekweek,  twee keer gaan bespuit.”
 Van Wyk se weergawe was dat hy gevoel het hoedat iets hom gebyt het. Nadat hy op die seerplek gedruk het, het hy die iets afgehaal en ontdek dat dit ‘n kriek was.
 Hy herstel stadig, maar die krieke kom, veral in die aande, nog sporadies in die huisies, weens die hitte by Rooiwal. Van Wyk kry steeds behandeling en sy gesig lyk n bietjie beter.
 Intussen moet, veral vrouens, hulle beddegoed gereeld buitekant uitskud om van die lastige kriewelriges ontslae te raak.
 Kamila van Wyk, waarnemende hoof finansiële beampte (CEO), van die hospitaal op Springbok, het die krieke-plaag bevestig. Sy is ook daarvan bewus dat Van Wyk wel die bytery by die Rooiwalkliniek aangemeld het. En later na die Kimberley-hospitaal verwys was.
 “Dit het vir ons gelyk asof dit gordelroos was daarom het ons hom na die Kimberly-hospitaal verwys. Luidens hulle verslag was dit waarskynlik veroorsaak deur die herpes zoster-virus, ook genoem varicella zostervirus (VZ-virus). Dit veroorsaak ook waterpokkies.”
 Kamila hoop, intussen, dat die omgewingsgesondheidsamptenare al iets uitgewerk het om die kriekplaag vir lank hok te slaan. Sy sou dit opvolg.