Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Bentley Vass, Noord-Kaapse LUR  vir Korporatiewe Bestuur, Menslike Nedersettings, Tradisionele Sake, Vervoer, Veiligheid en Skakeling, het die Upington SAPD besoek om met plaaslike polisie in gesprek te tree, met die klem op dissipline en ywer terwyl operasionele aktiwiteite geëvalueer is om gemeenskapsveiligheid in die ZF Mgcawu-distrik te verbeter.
Provinsiale polisiewoordvoerder, sers Omphile Masegela, het berig die besoek het by die Upington-polisiestasie begin, waar die LUR met die waarnemende distrikskommissaris, brigadier Peet Coetzee, vergader het.


Tydens hierdie samesprekings het brigadier Coetzee ‘n oorsig verskaf van die stasie se profiel en sy operasionele status.
Vass het ook ‘n parade van beamptes van Upington SAPD, die Openbare Orde Polisiëringseenheid, en Rosedale SAPD toegespreek. 
In sy toespraak het hy die belangrikheid van dissipline en ywer onder die beamptes beklemtoon om te verseker dat hul doelwitte doeltreffend bereik word.
As deel van die besoek het die afvaardiging verskeie operasionele aktiwiteite waargeneem, wat die uitvoering van ‘n deursoekingslasbrief, voldoeningsinspeksies en ‘n fokus op die handhawing van hoë sigbaarheid in die Upington sentrale sakekern (SBD), Rosedale en Paballelo ingesluit het.
Die span het ook die Gemeenskapsdienssentrum en die aanhoudingselle besoek om die fasiliteite te assesseer.
Hierdie besoek beklemtoon die verbintenis van die LUR en die plaaslike polisieleierskap om veiligheid en sekuriteit in die distrik te verbeter, om te verseker dat die gemeenskap die onder-steuning en aandag kry wat dit verdien.