Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: ’n Herrie het verlede week op sosiale media losgebrand nadat dit aan die lig gekom het dat die poskantoor op Upington nie voertuiglisensieskyfies kan druk nie. Die poskantoor het nie die nodige fondse gehad om die linte dadelik te vervang wat gebruik word om die drukwerk te doen nie. AfriForum het egter gou ingespring en toegesien dat inwo-ners weer hul voertuiglisensies by dié poskantoor kan hernu.
Sedert die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) in sakeredding geplaas is, het honderde poskantore landwyd gesluit. Dit terwyl die oorblywende poskantore spook om met beperkte hulpbronne dienste te lewer. Talle inwoners op Upington was onlangs hewig ontevrede oor die stand van sake by Upington se poskantoor. In ’n poging om die situasie te beredder het Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, verlede week hierdie poskantoor besoek om AfriForum se hulp aan te bied. Die Upington-tak het besluit om nuwe linte aan te koop sodat dienslewering hervat kan word.


AfriForum het egter by al die plaaslike verskaffers op die dorp aangeklop, maar die linte vir die drukkers was nêrens beskikbaar nie. Daar het eers hoop gewink toe die tak by Nashua Upington om hulp aangeklop het. Die nodige linte was nie net teen ’n bekostigbare prys op bestelling beskikbaar nie, maar dié onderneming het ook aangebied om hand by te sit en die poskantoor met ’n tydelike drukker by te staan. Dit was egter nie nodig vir dié drukker nie, aangesien die eerste lint kort daarna afgelewer en geïnstalleer is. Se-dertdien gaan die poskantoor weer ongehinderd voort om voertuiglisensieskyfies te druk. Die tweede lint is reeds op pad en sal vandeesweek nog geïnstalleer word.
“Dit is verblydend om te sien dat die Upington Poskantoor bereid was om hande te vat met AfriForum sodat die uitdagings met die drukkers so gou moontlik opgeklaar kon word,” sê Strauss. “AfriForum se Upington-tak is vol vertroue dat die gemeenskap voorts saam sal span en soos Nashua Upington meer as bereid wees om die ekstra myl te loop wanneer broodnodige dienslewering op die dorp ontbreek.” 
Besoek www.wordlid.co.za om by AfriForum se Upington-tak betrokke te raak en ’n verskil op dié dorp teweeg te bring.