Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KANONEILAND: African Vineyard op Kanoneiland nooi die gemeenskap en besoekers uit om deel te wees van hul jaarlikse kunsuitstalling op 16 November 2024, wat van 16:00 - 18:00 plaasvind. 
Hierdie geleentheid stel gaste in staat om kunswerke van kunstenaars uit ons omgewing te besigtig, met gratis toegang vir diegene wat slegs die uitstalling wil bywoon.
Na afloop van die kunsuitstalling, sal die gesogte Langtafel Ete om 18:00 begin. Die aand sal propvol heerlike kos en 'n gesellige atmosfeer wees, met 'n vyf-gang maaltyd voorberei deur Anel Marais van Kokkedoor Vuur & Vlam en sjef Jaco van African Vineyard.


Jonelda van Heerden en Dynamic Vibez sal gaste met lewendige musiek vermaak. Wyn van OWK sal op die tafels beskikbaar wees van die eerste rondte en 'n kontantkroeg sal oop wees  vir verdere drankies. 
Kaartjies vir die Langtafel Ete is beskikbaar teen R490pp. Hierdie is die ideale geleentheid om die jaar saam met vriende, familie of kollegas af te sluit. Gaste word aangemoedig om hul eie Langtafel vir hul groep te bespreek. 
Vir besprekings of verdere inligting, kontak Elmarie by 0834611724. 
Sluit die jaar op 'n hoë noot af met pragtige kuns, fynproewerskos en uitstekende geselskap.
Die kunsuitstalling sal van 18 November  tot 8 Desember daagliks oop wees vir besigting van 10:00 - 16:00 en Sondae van 10:00 - 13:00
Kunstenaars wat uitstal: Karen Visser, Esme du Toit, Nicolene Jordaan, Elna Victor, Carina Schneider, Karen Knop. Jodrieka Visser, Naleen Coetzee-Kleyn, Jenny Reyneke, Sulia Shaw, Lee-Ann Olivier, Drienie Hough, Kathleen de Beer en Jaco Kriel.
Artebella Kunsskool van Karen Visser :
Lourizka Basson
Nina de Waal               Anika Blom
Carli Buys
Hanna Grobler
Mila Grobler
Ava van Wyk
Charles Thirion
JG Nieuwoudt
Wilmie Nieuwoudt
Cara van Wyk
Jacobus Nel
Jodrieka Visser: 

The Art Studio
Dames: Wilma Steyn     Sonet Verster
Misha Laubscher
Romaria Viviers       Jolene Maritz
Elzaan Berg
Kinders: Heila Steyn
Anke Laubscher, 
Danielle van Schalkwyk
Mariané Viviers, Estian Viviers
Hanré Viviers, Mia-Marie Hall
Anat Steenkamp
Estelene Maritz
Johann Maritz
Carlien Buys
Marienke Buys