Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Jare lank loop oom Nico Steenkamp al met die gedagte om te skryf oor sy wedervaringe as bemarker van Karakoel pelse in die Kalahari, asook die boere wat hy ontmoet het.
Oom Nico (84 jr) het in 1960 as 20-jarige as bemarker by SAKK begin werk. Toe het hulle nog met sjielings en pennies gewerk. Hy sê hy het baie Ford bakkies opgery en duisende Karakoelvelle vir veilings na Upington aangery. Hy ken nou nog die X-nommers van die boere - na al die jare. Vandaar die titel van die boek, “Swartgoud van die Kalahari en talle stories”. Die Karakoel pelse het bekend gestaan as die “swartgoud van die Kalahari”.
Oom Nico Steenkamp het in Julie 2021 ernstig siek geword, geval, ’n heup operasie ondergaan en weer aangesterk.
Hy sê: “Met hierdie hele gebeurtenis het ek ‘n geestelike ervaring gehad wat my hele lewe positief verander het. Ook my geloof het baie sterk geraak. Ek is dankbaar vir my Here en Skepper vir ‘n wonderwerk wat in my lewe gebeur het”.
Na die ervaring, het hy besluit om al sy notas wat hy al so deur die jare bymekaar gemaak het, te boekstaaf. Riaan Viviers het al so lank gevra dat hy ‘n boek moet skryf en na hierdie ondervinding het hy besluit om dit te doen. Hy kon dit egter nie self doen nie en het die hulp van baie boere en sy mede-samesteller, Greta Schreuder, ingeroep.

 
Greta sê in die voorwoord dat sy ‘n boek oor haar familie se beginjare wou saamstel. “Soos die Gees werk, nader oom Nico Steenkamp my om my familie se beginjare deel van “Swartgoud van die Kalahari en sy Stories”, te maak. Oom Nico het die familie geken. Baie dankie oom Nico dat jy ons genader het.”
Riaan Viviers vertel self ‘n paar staaltjies in die boek van die Kalahari en sy mense.
Sy dogter, Marna Janse van Rensburg, sê die stories van toeka se dae bevat baie staaltjies, goed en sleg, swaar dae, maar is tog lekker om te lees en ‘n perfekte Kersgeskenk.
Die boek is met moeite saamgestel in terme van oproepe, plaasbesoeke, baie kilometers agter die blad en opoffering om almal se nommers in die hande te kry.
Oom Nico se seun, NC Steenkamp, sê die boek vat hom terug toe hy as klein seuntjie saam met sy pa Kalahari toe gery het. “Vroegoggend wanneer dit nog koud en donker was, het ons lammertjies in die veld gaan haal om geslag te word. Daardie tyd het my pa nog veld in die Kalahari gehuur. Die velletjies is afgeslag, gewas en op rame gespalk. Die karakoelskape is in die skeerhokke geskeer en die wol is in wolsakke vasgetrap om verkoop te word”.
Die boek bestaan uit hoofstukke wat deur verskillende boere, oom Nico (Velltjies) Steenkamp en deur Greta Schreuder geskryf is. 
Greta sê: “Die boek gaan vir my baie oor die storie van ouma Martha Schreuder, wat huil omdat die een kind huil oor water en sy het net ‘n bietjie water vir haar baba. 
“Kinders kon net ‘n halwe beker water in die oggend kry en ‘n halwe beker in die middag. Oupa Hendrik Schreuder en oupa Japie Maritz wat saam hierdie groot gruispaaie gebou het.
“Hierdie boek was vir my en neef Christo Maritz, ‘n baie nostalgiese reis deur die geskiedenis van die Kalahari en sy mense. Altyd wanneer ons besoekers ontvang is dit heel eerste wat hul vra, vertel ons van die ontstaan en lewe van die Kalahari. 
“Die sonsopkoms en -ondergaan, is vir die buitelandse mense ongelooflik mooi, veral om die kampvuur saans. “Ek hoop die boek sal vir elkeen wat hom koop, mooi herrineringe bring. Mag ons Hemelse Vader die boere van Suid-Afrika hierdie somer seisoen seën met goeie reën.”

Persone wat ook bydraes gelewer het, was: Gerhard Steyn van die plaas Davidspan,  Frikkie Engels van die plaas Abiquasput, J H Smit, Koos Becker van Smalhoek, Chris en Marie Boshoff van die plase Shala-Ghala en Jagpad, Hennie & Hetta Becker van die plaas Annesdey, Magdeleen Loubscher, Dirk en Ella Hanekom van die plaas De Hoek, Dawid Kriel van die plaas Vlagboom, Johny Human van die plaas Droogeduin, Stefanus Johannes Rupping van die plaas Rendezvous en Sakkie Spangenberg,
Vanaf bladsy 76 het Gerta die volgende saamgestel: 
JHB Schreuder, HH Schreuder en JH Maritz, JHB Schreuder van die plaas Malahani, HH Schreuder van die plaas Goedgeloof, Grenslyn Boerevereniging, Klapin, JJ Maritz van die plaas Shrewsbury. 
Die boek sluit af met ‘n insetsel van die Kalahari-Oos pyplyn en die nuwe era van Meatmasters.
Om “Swartgoud van die Kalahari en talle stories”  te koop, kontak Suzie Vollgraaf by 
Sundeldo Ontwerp, Drukkers & Tekens  by 054 443 3373.