Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Barbara Lynn Roos van Perfekte Kuur op Groblershoop, het onlangs twee seepkursusse aangebied.
Die eerste een was op Upington  vir Khoi en San-dames en op Noenieput vir die plaaslike dames daar.
Barbara Lynn het die kursus aangebied in samewerking met Nina Joubert van Agulhas Heuningbostee van die plaas Toekomst buite Bredasdorp.
Agulhas Heuningbostee, Toekomst plaas het vir Barbara Lynn gevra om ‘n seepkursus aan te bied met hul produk. Met die hulp van Nina Joubert en personeel, kon die twee besighede koppe bymekaar sit en die dag beplan - Upington se eerste seepkursus vir Perfekte Kuur.
Die dames wat gekies is deur hul stamverteenwoordigers, is vrouens betrokke by hul verskeie gemeenskappe. 
Agulhas Honeybush Tea is die eerste heuningbostee besigheid wat suksesvol met die Khoisan kon onderhandel en gevolglik hul BioTrade permit kon bekom. Die seepmaakkursus is Agulhas Honeybush Tea se eerste gemeenskapsprojek om vrouens in die Khoisan gemeenskappe te bemagtig om ook voordeel te trek uit heuningbostee produkte en terug te ploeg in hulle gemeenskappe.


Tydens die kursus kon elke dame leer hoe om seep te maak, asook verskeie kruie en gegeurde seep te skep. 
Perfekte Kuur se seepkursus leer elke person hoe om seep te maak, verpak en hoe om ‘n mark te stig vir tuisgemaakte produkte. Lynn sê sy het die aanbieding van die kursusse baie geniet, omdat sy mos maar in haar wese ‘n onderwyseres is. Sy was vir 12 jaar, tot 2018 ‘n Engelse en Wiskunde juffrou, voordat die kruie-gogga haar gebyt het. 
Perfekte Kuur sien uit daarna om nog kursusse aan te bied.
Tydens die Kalahari Kuierfees was Perfekte Kuur ook een van die uitstallers. 
Lynn sê: “Daar is baie nuwe kliënte gewerf. Die PK stalletjie het gratis pynbehandelings en konsultasies gedoen, sodat die publiek kruie medisyne, asook die werking daarvan, beter kan verstaan. Die PK pynsalf en PK olie was, soos altyd, die gewildste items en het vroeg uitverkoop.
“Baie dankie aan almal wat die Kuierfees gereël het, ons het die drie dae baie geniet. Dankie aan Gemsbok vir die mooi fotos.”
Vir konsultasies of behandelings kontak Barbara Lynn , clinical master herbalist. sel 0619239521 (slegs whattsapps) of e-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
Gaan kyk gerus na hul produkte op https://perfektekuur.wixsite.com/my-site