Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

‘n Man wat geen inleiding nodig het nie. Sy merkwaardige loopbaan getuig van sy besonderse bydraes tot die wêreld van landbou. Johannes Fourie dien al sedert 2000 op Raisins SA se direksie en is spreekwoordelik voor in die koor met gesprekke wat die vooruitgang van internasionale landbouprodusente aanhits. 
Bo en behalwe sy onuitputbare passie en liefde vir boer, staan sy nederige hart en warm glimlag altyd uit. 
Johannes het al telke male groot rolle beklee, onder meer as direkteur van SAD, voorsitter van Dried Fruit Technical Services (2005 tot DFTS se samesmelting met Hortgro) waarna hy die voorsitter was van die nuutgevonde Raisins SA en hy het vir twee termyne gedien as voorsitter van die International Raisins Association. Hy staan plaaslik ook bekend as voorsitter van die Groblershoop Agricultural Association en dien op die bestuur van Agri Noord-Kaap. 


Fourie was die eerste plaaslike produsent met ‘n volledige swart ekonomiese bemagtigingsplaas op Sanddraai Arbeidsgenot in 2002 waar werkers 51% aandeel in die plaas gehad het en die Fourie-gesin slegs 49%. Dié projek het die Northern Cape Land Care Award in 2008 verower.    
‘n Terugflits na 2021, waar Johannes tydens die 46ste Fruit Industry Gala Awards gehou op die pragtige Bernheim Farm net buite Paarl, vereer was met die O.S.H. Reinecke Frontrunner toekennnig as die industrie leier van uitnemendheid in 2021.
Johannes rus nie op sy louere nie en stap vanjaar weg met beide die Industrie Leier en Bydraer toekenning; ‘n sertifikaat ter ere van sy 38 jare toewyding en bydrae aan Raisins SA! Dit is ‘n mylpaal wat vanself die grootheid daarvan spreek. Fourie het homself gemerk as ‘n pionier in die landbou bedryf wat geen perke ken nie.   
Die Upington Toyota-familie wil vir jou hartlik gelukwens, met nie net die nuutste toekennings nie, maar met jou loopbaan as geheel tot dusver. Ons wag in spanning om te sien watter hoogtes nog vir jou voorlê!