GEMSBOK-SPRINGBOK: Veldwagters van die |Ai-|Ais/Richtersveld Oorgrenspark het kragte met hul Namibiese eweknieë saamgesnoer, tydens ‘n gesamentlike rivierpatrollie, langs die Oranjerivier.
Die twee groepe het drie jaar laas saamgewerk, as gevolg van die Covid-19 pandemie.
Die gesamentlike patrollie, ‘n integrale deel van die bestuur van die |Ai-|Ais/Richtersveld-oorgrenspark (ARTP), het ten doel gehad om die ongebreidelde onwettige kiefnetaktiwiteite wat die visbevolkings in die gebied vernietig het, aan te spreek.
Hierdie geheime bedrywighede hou nie net ‘n bedreiging in vir plaaslike besighede, wat op die rivier afhanklik is nie, maar stel ook die delikate rivierekosisteem in gevaar, wat die tuiste van ‘n diverse verskeidenheid spesies is.
Tydens die eerste operasie, het gesamentlike pogings van Suid-Afrikaanse en Namibiese veldwagters gelei tot die aankeer van vyf verdagtes, wat betrokke was by onwettige visvangaktiwiteite. Die verdagtes is vinnig deur Namibiese amptenare in hegtenis geneem en na Aussenkehr vervoer vir die uitreiking van boetes.
Daarbenewens is beslag gelê op ‘n kas van onwettige visvanggereedskap, insluitend nette, skêre, pangas (kapmes) en drywende toestelle (binnebande), wat die onwettige bedrywighede, wat die streek se biodiversiteit bedreig, verder ontwrig het.
Hierdie oorgrens-bewaringssamewerking is ‘n goeie voorbeeld van solidariteit in die beskerming van ons planeet se ekologiese skatte. Dit wys die krag van internasionale samewerking ,om komplekse omgewingsuitdagings aan te spreek en beklemtoon die belangrikheid van kollektiewe optrede, om ons natuurlike erfenis vir toekomstige geslagte te beskerm.
Om vorentoe te beweeg, sal die verbintenis tot gesamentlike patrollies en samewerkende bewaringspogings tussen Suid-Afrika en Namibië op ‘n gereelde basis uitgevoer word.
Deur voort te bou op hierdie historiese vennootskap, kan beide lande hul vermoë om die |Ai-|Ais/Richtersveld-oorgrenspark en sy oorgrens-ekosisteem te beskerm verder versterk, en sodoende die voortgesette welvaart daarvan vir die komende jare verseker.