GEMSBOK-UPINGTON: Upington Campus van die NCR TVET College het op 21 Februarie ingeskakel by die internasionale veiligheidsgemeenskap vir die viering van Gewapende Magtedag.
Hierdie is ‘n groep studente wat vir die nuwe kursus by Upington Kampus in 2024 geregistreer het. Die kursus word Veiligheid in die Gemeenskap (Safety in Society) genoem en is ‘n driejarige nasionale beroepsgerigte kwalifikasie wat oor vlak 2 en vlak 4 strek.
Die student se kennis van die beginsels van Suid-Afrika se wette word verbreed en hy of sy word opgelei om deel te raak van die po-ging, om die gemeenskap ‘n beter en veiliger omgewing te maak.
Hierdie kwalifikasie open deure na die SANDF, SAPS, Korrektiewe Dienste, Verkeerspolisie en privaat sekuriteitsmaatskappy. Die studente word streng gekeur en mag nie ouer as 25 jaar wees nie en moet ook ‘n gepaste en bepaalde BMI meting hê.
Die kursus bied die volgende skoolvakke aan nl. Engels Eerste Addi-sionele Taal, Wiskundige Geletterdheid en Lewens-oriëntering.
Die beroepsgerigte vakke is Inleiding tot Regering en die Wet asook beginsels van Kriminele Reg en Polisie Praktyk. Die kursus sluit ook ‘n praktiese en fiksheidskomponent in. Die kursus is ongelukkig reeds gevul met studente vir die 2024 registrasie en inname.