Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-DANIELSKUIL: Op Vrydag, 17 Mei 2024, het ‘n skokkende voorval homself in Daniëlskuil afgespeel en die gemeenskap  geruk.
Dit volg nadat ‘n Nigeriese man, wie as Jeff bekendgestaan het, na bewering wreed deur ‘n openbare-orde-polisie-eenheid doodgeslaan is. 
Die slagoffer is glo daarvan verdink dat hy ‘n dwelmhandelaar in die  Sloya woongebied is.
Volgens ooggetuies het die polisie-eenheid op die verdagte se huis toegeslaan, wat gelei het tot ‘n gewelddadige konfrontasie wat geëindig het in die tragiese dood van die Nigeriese man.


Die polisie het intussen kennis geneem van die videogreep van die insident, wat op sosiale media-platforms sirkuleer en het ‘n persver-klaring, uitgereik om die gebeure in konteks te probeer plaas.
Volgens die persverklaring het lede van die Operasie Vala Umgodi-span op 17 Mei 2024 om ongeveer 08:00 intelligensie-gedrewe inligting oor die handel in dwelms by ‘n geïdentifiseerde perseel in Danielskuil opgevolg.
Die span het die geïdentifiseerde perseel betree, nadat hulle toestemming van die inwoners gekry het om ‘n soektog na dwelms te doen.
Dwelms is in die kamer gevind en die polisie het daarna voortgegaan om die verdagte in hegtenis te neem.
Daar word vermoed dat die ver-dagte arrestasie teengestaan ​​het en op die grond ineengestort het.
Die polisie het probeer om hom sy bewustheid te laat herwin en die ambulansdiens in kennis gestel toe hy nie gereageer het nie.
Die 43-jarige verdagte is op die toneel dood verklaar.
IPID (Independent Police Investigative Directorate) sal die omstandighede rondom die voorval ondersoek.