Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-FRASERBURG: Die afwesigheid van mediese personeel by die Fraserburgse gemeenskapgesondheidsentrum het Dinsdagaand ‘n tragiese nadraai gehad toe ‘n persoon oorlede is.
‘n Boer in die distrik het sy plaaslike raadslid,  Riaan Geel,  Karoo-Hoogland-plaaslike munisipaliteit, se vrou glo gekontak nadat hy geen mediese hulp vir een van sy werkers, mnr. Elvis van Jaarsveld, by dié sentrum kon kry nie.
 Slegs veiligheidspersoneel was blykbaar by die sentrum aanwesig. 


Die raadslid en sy vrou het tevergeefs probeer om hulp te kry, met geen reaksie van enige noodnommer nie. 
Die naaste hospitaal is in Calvinia, bykans 200km per teerpad vanaf Fraserburg.
Die krisis by die gesondheidsentrum is die gevolg van swak bestuursbesluite oor ‘n lang tydperk. 
Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement betaal ook sedert 2013 nie meer die huur van die gebou waarin die sentrum gehuisves word nie. 
Talle aanmanings en prokureursbriewe is geïgnoreer.
Die departement het boonop versuim om ‘n dokter, wat Fraserburg se staatspasiënte vanuit ‘n buurdorp besoek het, se kontrak te hernu. Volgens die departement regverdig Fraserburg se bevolkingsgetalle nie die uitgawe nie. 
Die uiteinde van die saak is dat Van Jaarsveld gedurende die nag oorlede is, sonder dat hy die nodige behandeling ontvang het. 
Dit is nadat hy dorp toe gery het, in die hoop dat daar hulp sal wees as hy fisies opdaag, al beantwoord niemand hulle oproepe nie.
Ironies genoeg het dit gebeur enkele ure voordat president Cyril Ramaphosa die Nasionale Gesondheidsversekeringwetsontwerp (NGV) onderteken het.