Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KURUMAN: Die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde (COSATU) in die Noord-Kaap, is verstom en teleur-gesteld oor die nuus van onwettige handel in edelstene na bewering deur die bestuur van Assmang-myn naby Kuruman in die Noord-Kaap.
Volgens berigte is ‘n onwettige besending van  edelstene na bewering van ‘n myn - wat medebesit is deur een van Patrice Motsepe se maatskappye, vroeër vanjaar deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gekeer om OR Tambo Internasionale Lughawe na Hongkong en China te vertrek. 
Die smokkelary, wat deur ‘n Asiatiese man uit die land gesmokkel is, is deur amptenare van die SAID se doeane-afdeling onderskep nadat hulle ‘n wenk van fluitjieblasers ontvang het.


Die mynmaatskappy, Assmang, is ‘n gesamentlike onderneming tussen Motsepe se African Rainbow Minerals (ARM) en ‘n maatskappy genaamd Assore. Assmang is betrek by die onwettige uitvoer van die edelstene, deur ‘n selferkende handelaar - wat volgens berigte verklaar het dat hy  die sugiliet van die bestuur van Blackrock Myn, ook bekend as Assmang, “ontvang en verkoop” het en het by verskeie geleenthede die sugiliet-edelstene, blou en pers, uitgevoer en/of probeer uitvoer, met behulp van Air Menzies International Freight Forwarding Services en ander vragversendingdienste.
Die Federasie beskou dit in ‘n baie ernstige lig en doen ‘n beroep op wetstoepassingsagentskappe om die proses van arrestasie en ver-       volging van diegene wat aan die verkeerde kant van die wet is te bespoedig, asook te verseker dat deeglike ondersoek gedoen word om op te spoor hoe die edelstene die myn verlaat en het OR Tambo-lughawe bereik het. 
 Dit word beskryf as “ontstellend en kommerwekkend”,  dat die maatskappy die ‘Zama Zama-bestuur’ vryelik en onwettig kan ondersteun, ten koste van werkskepping en ekonomiese groei in die streek en provinsie.
“Ons het verneem dat daar ‘n maatskappy in swart besit is, wat die mineraalregte besit om sugiliet by dieselfde myn te herwin en daarmee handel te dryf, maar ten spyte daarvan dat hy wettiglik toegelaat is om sulke edelstene te hanteer en handel te dryf, het die bestuur van Assmang net moedswillig besluit om dit te ignoreer en die wette wat minerale in ons land beheer, vertrap. Dit is ‘n terugslag dat potensiële werksgeleent-hede en sekondêre ekonomiese aktiwiteite geraak moes word as gevolg van onetiese en onwettige aktiwiteite deur so ‘n groot maatskappy.”
COSATU doen dus ‘n beroep op SAPD, Valke, Departement van Minerale Hulpbronne en Departement van Justisie, insluitend alle relevante instansies, om spoedig sonder vrees of guns op te tree, aangesien ons nie ‘n diereplaasverskynsel kan toelaat wanneer dit by wetstoepassing in ons demokratiese bedeling kom nie.
Uitgereik deur COSATU Noord-Kaap